Afrikaners hét koopkrag: Spur vra verskoning

Afrikaners het steeds koopkrag wat noodsaaklik is vir besighede om voort te bestaan, al probeer hulle ter wille van politieke korrektheid vry na die mindere koopkrag van ander groepe.

Dit blyk duidelik uit die rebellie wat tans binne die Spur restaurantgroep heers.

Sowat die helfte van Spur se konsessiehouers het besluit om hulle nie langer te steur aan Spur hoofkantoor se besluite en optrede na die omstrede rassevoorval in die Texamo Spur in Johannesburg, toe ‘n blanke man die deur gewys is nadat hy sy dogtertjie wou beskerm teen die aanranding van ‘n aansienlik ouer swart boelie.

Die konsessiehouers erken nou dat veral in die Afrikaanse plattelandse gebiede, dit broekskeur met hulle gaan nadat hulle hoofkantoor die saak onsensitief en blatant rassisties teen die blanke man opgetree het. Dit bewys die Afrikaner se koopkrag aan die een kant, maar ook dat die Afrikanergemeenskap stilweg met sy voete stem deur die boikot van Spur. Die konsessiehouers wil nou ‘n sogenaamde “luistertoer” hou.

Intussen het die Spur-hoof wat die verkeerde besluite geneem het, Pierre van Tonder, Spur-eienaars om verskoning gevra omdat hulle onder druk verkeer terwyl hulle niks verkeerds gedoen het nie.  Die groep vra nou ook enige persoon of gemeenskap wat aanstoot geneem het oor hulle optrede om verskoning.

Waarnemers glo nie dat die verskoning summier alle Afrikaner klieënte sal teruglok nie.