Advokaat Budlender trap op tone

In die soveelste verslag oor staatskaping het adv. Geoff Budlender skynbaar tot so ‘n mate op tone getrap, dat ontstoke onlusmakers hom by sy woning voorgelê het omdat sy verslag kaders blootlê.

In die verslag word bevestig dat Trillion Capital Partners, met Salim Essa as meerderheidsaandeelhouer, noue verbintenisse met die Guptas het en dus ook met Zuma.

As gevolg van die bevindings in die verslag het Tokyo Sexwale, as nie-uitvoerende onafhanklike voorsitter van TCP, bedank nadat hy lank die swye oor die maatskappy se verbintenis met die Guptas gehandhaaf het. Hy het gevra dat die verslag deel van ‘n moontlike geregtelike ondersoek moet vorm.

Minister Lynn Browne se weergawe dat geen gelde oorbetaal is aan Duva krag sentrales nie, was si volgens die verslag vals of ernstig misleidend.  Geen kontrakte het bestaan tussen TCP en Eskom nie, maar tog is meer as R250 miljoen aan Trillian Mangement Company betaal wat 100% in beheer was van TCP.

Dit beteken dat die publiek se swaar verdiende geld op hierdie twyfelagtige maniere in die sakke van vriende van korrupte of onbekwame politici.