Adjunkminister ignoreer miljoene se wanbetaling

Die adjunkminister van finansies, Sfiso Buthelezi, word daarvan beskuldig dat hy toegelaat het dat ‘n maatskappy wat ‘n kontrak van Prasa bekom het, met meer as R39,9 miljoen oorbetaal is.

‘n Forensiese ondersoek deur 10 oudit maatskappye het getoon dat slegs 13 uit 200 kontrakte van Prasa wettig en volgens die korrekte prosedures gedoen is.

Buthelezi ontken natuurlik dat hy sy posisie misbruik het by die toekenning van die kontrakte of dat hy gebaat het daarby.