Absurde huurmotor protes

Durban se verkeer is gister ontwrig toe huurmotorbestuurders paaie geblokkeer het uit protes teen die pryse wat hul moet betaal vir Toyota Quantum voertuie.

Die N2 en N3 snelweë is beide geblokkeer deur huurmotorbestuurders en selfs ook busbestuurders.

Die Santaco huurmotor raad se ongeveer 1 000 lede het deelgeneem aan die protes.  Hulle kla ook dat die regering en korporatiewe instellings die huurmotorbedryf vir hul eie voordeel misbruik.

Die LUK van Vervoer in Natal Mxolisi Kaunda het die polisie versoek om diegene wat betrokke was by die ontwrigting te arresteer.

Dit is waarskynlik nog nie die einde van die saak nie. Santaco eis dat Toyota sy Quantum bussies se prys met R100 000 moet verlaag. Gebeur dit nie, dreig hulle om die land tot stilstand te bring deur protesoptrede.

Foto: Natalse paaie gister toe taxi’s protesoptrede gevoer het