Zuma totaal ongewild

Die ANC-leier en staatshoof van die land, Jacob Zuma, kan net reken op 18 persent van ANC-ondersteuners se lojaliteit, terwyl nog sowat 20 persent van die ANC ondersteuners hom skerp kritiseer.

‘n Meningsopname van Ipsos wys dat tweederdes van die land se inwoners reken dat Zuma sy tasse moet pak en bedank.

Sy gewildheid daal daagliks en sy gewildheid is op die laagste vlak ooit.

Waarnemers reken dat dit dalk nie so ‘n slegte plan vir Zuma sal wees om na Abu Dhabi uit te wyk nie.