Zuma kritiseer Manchester aanval

Jacob Zuma het die tragiese bomvoorval in Manchester, Engeland, gekritiseer en sy meegevoel uitgespreek teenoor die slagoffers en hul familie.

Die lafhartige aanval herinner sterk aan die ANC se bomaanvalle en landmyn plasings in die laat sestiger jare. Niemand, selfs nie die wêreld-afgod Mandela, het nog ooit enige verskonings aangeteken teenoor die slagoffers van bv. die Johannesburgse stasie bom, Kerkstraat se bom aanval of die landmyn ontploffings op die grens wat onskuldige vrouens en kinders se lewens geëis het nie.

Die voorvalle was gedoen in opdrag van die bevelvoerder van uMkonto We Zizwe  wat op daardie stadium Nelson Mandela was.

Die Kerkstraat bomontploffing word die naweek weer herdenk, en dit sou die ideale geleentheid vir Zuma wees om ook sy afkeur oor daardie afgryslike optrede uit te spreek.