Zuma dalk na Abu Dhabi

Kan SA dalk gered word deur Zuma se “emigrasie” na Dubai?

Verdoemende e-posse het die naweek die lig gesien waarin Zuma, minister Mosebenzi Zwane, Brian Molefe en Malusi Gigaba, gebaat het by die Gupta broers se bedrywighede.

Die grootste politieke bom is ‘n e-pos van Tonu Gupta aan Duduzane Zuma, waarin Jacob Zuma ‘n versoek rig aan die kroonprins van Abu Dhabi om homself  te kan vestig in die Emirate. Hy sê dat hy tydens ‘n besoek so hartlik ontvang is, dat hy graag die plek sy tweede tuiste wil maak.

Dit is insiggewend dat Julius Malema reeds in 2016 hierdie bewerings gemaak het en ook beweer het dat Zuma R6 miljard wou oorplaas na Dubai met die hulp van die Gupta broers.

Verdere bewerings koppel Des van Rooyen en Mstshela Koko van Eskom ook aan die Gupta familie se voorkeurbehandeling met vakansieverblyf in Dubai.

Intussen het Matthews Phosa sy beroep op Zuma herhaal om uit te tree.