Zim skuld Eskom $80 miljoen

Kragonderbrekings in Zimbabwe kan so vroeg as volgende week begin aangesien die rekening van meer as $80 miljoen aan Eskom nog nie betaal is nie.

Die Zimbabwiese energieverskaffer ZESA, het nie hul ooreenkoms nagekom teenoor Eskom nie en die sperdatum is vir betaling van die rekening is vasgestel op 31 Mei.

Eskom se Matshela Koko het egter gemeld dat Zesa nie die volle bedrag onmiddelik hoef te betaal nie, maar hul moet hou by die herbetalings ooreenkoms.

Waarnemers wys egter daarop dat waar ‘n instansie toegelaat is om soveel skuld te maak, is die kans feitlik nul is dat dit ooit verhaal sal kan word.