Wit Huis was gewaarsku teen Flynn

Die Amerikaanse Wit Huis het uit verskeie bronne waarskuwings ontvang om generaal Michael Flynn te vermy en nie as adviseur te benoem nie.

President Donald Trump het egter nie gehoor gegee aan die talle waarskuwings wat hy gekry het oor die generaal nie, en hom uiteindelik aangestel, net om hom kort daarna die trekpas te moes gee.

Ondersoekers het bevind dat generaal Flynn wel kontak behou het met Russiese hooggeplaastes terwyl die president aanvanklik geweier het om die bewerings te glo.

Flynn het volgens die bevindinge van ondersoekers, deurlopende kontak gehad met Russiese veiligheidsbeamptes.

Die voormalige minister van justisie in die Demokratiese Party se regering, Sally Yates, het by minstens twee geleenthede met adviseurs in die Wit Huis gesprek gevoer en waarskuwings gerig om versigtig te wees.

Sy het daarop gewys dat Flynn kwesbaar is vir afpersing deur die Russe, en liefs nie in die pos aangestel moet word nie, maar dit is aanvanklik geïgnoreer.

President Trump het by geleentheid die voormalige minister Yates daarvan beskuldig dat sy vertroulike inligting na die media lek, maar is later verkeerd bewys.

Foto – Generaal Michael Flynn