Wit Huis is vuurwapen eienaars se vriend

President Donald Trump het aan duisende vuurwapen eienaars en wapen entoesiaste tydens hulle jaarlikse byeenkoms verseker dat hulle ’n vriend in die Wit Huis het.

Hy het die toehoorders weer verseker dat die grensmuur met Meksiko wel opgerig sal word sodra alles gereël is.

Die  Amerikaanse National Rifle Association (NRA) is daarvan verseker dat president Trump nooit enige maatreël sal inbring om vuurwapen eienaars se regte in te kort nie.

Die NRA was een van die eerste instansies wat hulle ondersteuning aan president Trump gegee het tydens die verkiesingsveldtog, en het hom met groot applous verwelkom by die byeenkoms.

President Trump se versekering is ’n direkte verskil met wat die linkse Obama-regering wou doen, maar wel nooit gewaag het om te probeer deurvoer nie.

Obama is ’n groot voorstander daarvan dat die Amerika en die ganse wêreld  “ontwapen” moet word.