Wêreld Nuusflitse – 22 Mei

Brittanje

Premier Theresa May se Konserwatiewe Party het die afgelope week steun afgestaan aan die Arbeiders Party van Jeremy Corbyn, maar het steeds ’n groot voorsprong van 44% teenoor die Arbeiders se 32%.

 

Italië

Meer as 2 100 onwettige immigrante is deur die Italiaanse kuswag uit die Middellandse See gered, wat met onseewaardige bootjies van mensesmokkelaars probeer het om Europa te bereik.

 

Brasilië

President Temer van Brasilië weier steeds om te bedank nadat ’n vloedgolf van beskuldigings hom in omstredenheid gedompel het omdat hy na bewering betrokke is in ’n korrupsie skandaal.

 

Venezuela

Optoggangers het nou reeds vir die 50ste agtereenvolgende dag in die hoofstede van die land betoog teen die swak regering van Venezuela.

 

Duitsland

Bondskanselier Angela Merkel het ’n oproep gedoen dat verdere vredesonderhandelinge in die Oekraïne hervat moet word nadat hewige gevegte losgebars het tussen soldate en die pro-Russiese rebelle in die ooste van die land.