Wêreld Nuusflitse – 1 Mei

Brittanje

Die 41-jarige bokser van die Oekraïne, Wladimir Klitschko, het sy geveg verloor teen die Britse kampioen, Anthony Josua, wat hom in die elfde rondte planke toe gestuur het voor ’n skare van 90 000 mense.

 

Rusland

Anti- Poetin aktiviste het regoor Rusland begin met protesoptogte wat beskou word as die grootste weerstand teen ’n politieke leier in dekades, maar die Russiese polisie hou die situasie met ’n valkoog dop en sal glo nie huiwer om tussenbeide te tree as die optogte sou ontaard nie.

 

Sjina

Die eerste trein het vanaf Sjina, die 12 000 kilometer tog in 20 dae afgelê en in Brittanje aangekom met sy reuse vrag van tientalle trein trokke, met die voordeel dat die vrag 30 dae gouer by sy bestemming aankom as wanneer dit verskeep sou word.