VW vergoed 80,000 eienaars in VSA

’n  Regter in Kalifornië het ’n finale uitspraak gelewer en gesê Volkswagen word beveel om sowat 80,000 motors te herstel of die voertuie terug te koop, wat ’n bedrag van $4 miljard kan beloop.

Die regter, Charles Breyer het Volkswagen se aanbod goedgekeur pm minstens $1.22 miljard aan eienaars van motors wat betrokke is by die diesel skandaal, te betaal.

Die uitspraak van die regter bring ’n einde aan die twee jaar van onsekerheid oor wat Volkswagen se verpligtinge teenoor eienaars sal wees.

Eienaars van 3 liter modelle sal tussen &7,755 en $13,880 ontvang indien hulle betaling sou verkies bo ’n terugkoop transaksie.

Eienaars van 2-liter modelle sal ietwat minder ontvang.

Met die finale beslissing, beloop die totale uitgawe wat deur Volkswagen betaal moet word, net meer as $25 miljard.