VSA regering na hof oor reisverbod

Die Amerikaanse Ministerie van Justisie het besluit om die Amerikaanse Hooggeregshof te nader nadat ’n regbank in Virginië die aangepaste reisverbod dekreet verwerp het.

Die hof het beslis dat die nuwe poging van die Trump administrasie om Moslems uit sekere lande te verbied om na Amerika te reis, ’n daad van diskriminasie teen ’n bepaalde godsdiens is.

Minister Jeff Sessions van die Departement Justisie het die nuwe maatreël verdedig en gesê dit word ingestel om die volk van Amerika te beveilig teen terrorisme.

Die Amerikaanse Hooggeregshof is die hoogste hof in die land, en minister Sessions glo die gewysigde dekreet is nie diskriminerend nie en wil dit toets in die hoogste hof.

Foto – Minister Jeff Sessions