VSA dreig EU met sanksies

Op die vooraand van President Donald Trump se besoek aan Brussel, het die Amerikaanse woordvoerder die Europese Unie gedreig dat sanksies teen die lidlande ingestel kan word.

Die Verenigde State van Amerika wil toesien dat Brittanje die finansiële sentrum van Europa bly, ook nadat Brexit afgehandel is.

Amerika waarsku dat indien Brussel finansiële instellings in Londen gaan dwing om belangrike aktiwiteite na Europa oor te plaas, Amerika nie sal huiwer om die lidlande van die Europese Unie met sanksies te straf nie.

Die voorsitter van die Amerikaanse toesighouer CFTC, Chris Giancarlo se in ’n verklaring dat die VSA teenmaatreëls sal neem as die EU tydens die brexit onderhandelings sou eis dat die “skoonmaak” van finansiële transaksies in euro, na Europa oorgeplaas moet word.

Amerika het die dreigement gemaak nadat die eerste gerugte in die media verskyn het dat Amsterdam, Parys en Frankfurt reeds besig is om te stry oor wie van hulle die finansiële instellings sal akkommodeer na brexit.

Vroeër het President Trump die Eerste Minister van Brittanje, Theresa May, tydens haar verkiesing as premier, daarvan verseker dat Amerika die Verenigde Koninkryk sal ondersteun in die tydperk na die land uit die EU getree het.