VSA bombardeer pro-Siriese magte

 

Die koalisiemagte onder Amerikaanse aanvoering het in Sirië met lugaanvalle losgebars op regeringsoldate van president Assad, wat deur sekere instansies beskou word as ’n oorlogsdaad.

Amerikaanse woordvoerders het die voorval bevestig dat pro-Assad magte met Amerikaanse vegvliegtuie aangeval en gebombardeer is.

Die konvooi wat aangeval is, het bestaan uit Siriese weermagtroepe en militêre offisiere van Iran.

Minstens agt mense is in die lugaanval gedood en ’n onbekende aantal het beserings opgedoen.

Amerikaanse weermag woordvoerders bewer dat die konvooi ’n gebied betree het wat as veiligheid sone verklaar is en geen toestemming gehad het om die gebied te betree nie, en het ook nie gereageer op waarskuwings wat uitgereik is nie.

Woordvoerders van die Siriese magte beweer dat hulle etlike kilometers van die “verbode” gebied was toe aanvalle op hulle uitgevoer is.

Rusland het die VSA daarvan beskuldig dat hy die internasionale wet oortree het en Siriese soewereiniteit geskend het, en beskou dit as ’n daad van aggressie.