Vleisvrye dis

Miskien is hierdie gereg net in u smaak vir ‘n vleisvrye ete. Dit is heerlik en geen moeite om te maak nie.

 

Bestanddele:

1 Botterskorsie geskil en in blokke gesny (nie te klein blokkies nie)

500 gr spinasieblare gekap  (die gevriesde spinasie werk baie goed)

2 uie in kwarte gesny of ‘n paar rooi baba uitjies

2 wiele feta kaas grof gekrummel.

250 ml room  + 125 ml melk

1 pakkie geroomde “garlic veggie bake”)

 

Metode:

Stel oond op 180ºC.

Bespuit ‘n kasserolbak (groot genoeg vir al die bestanddele) met kossproei.

Pak botterskorsie blokke, spinasieblare en uie deurmekaar in die bak.

Strooi die feta kaas tussen en oor die groente.

Maak die sous aan met die room en melk en gooi oor die groente.

Bedek met foelie en bak vir 1 uur tot sag.

Haal foelie af en rooster tot ligbruin bo-op.

 

Bedien met tamatie, komkommer, pynappelblokkie en krakerige gesnipperde blaarslaai.

Geniet u ete.