Verlore Seun

Noudat daar in die openbaar melding gemaak is van bepaling van eienaarskap van grondgebied, maar nie oor die verantwoordelikheid wat daarmee gepaard gaan nie, laat dink dit my aan die gelykenis van die verlore seun soos in die Bybel in Lukas 15:11- 31 aangeteken.

Die verlore seun het sy vader voortydig gevra om sy deel van die eiendom aan hom te gee wat hom toekom. Dit het hom in daardie stadium nie regtig toegekom nie omdat hy eers kon erf nadat sy vader oorlede was. Omdat hy nog nie volwasse genoeg was sy erfgoed te hanteer nie, het hy daarmee op reis gegaan en dit verkwis.

Die ANC het nie alleen sy deel van die eiendom (deel van Suid-Afrika) geëis nie, maar sommer ook wat aan ander volke behoort het en met al die besittings op reis gegaan. Hulle reis behoorlik deur die wêreld saam met hulle politieke vriende in duur hotelle en hou groot partytjies met alle inwoners in Suid-Afrika se belastinggeld. Dit bevestig dat hulle polities nog nie volwasse is om na almal in die land se erfreg om te sien nie. Die destydse president van Suid-Afrika kon dit ook nie insien nie, want hy het selfs sy eie volk se besittings oorhandig en teruggestaan.

Onthou dat die verlore seun later varke moes oppas wat vir ‘n Jood erg vernederend is. Die ou veterane en ondersteuners van die ANC kom nou in opstand omdat wat die ANC doen, vir hulle onaanvaarbaar is.

Intussen begin die ANC se leiers, of eerder die ANC-praters, al hoe meer flikflooi dat die blankes in Suid-Afrika ‘n rol te speel het en dat daar van hulle kennis gebruik gemaak moet word. Dit is terugkeer na die vader van wie hulle weggebreek het. Die ANC kan die grond wat hulle onwettig van die Afrikanervolk onteien het, teruggee, maar wat van al die grootskaalse korrupsie waarvan die skade nie naastenby verhaal kan word nie?

Dit wil voorkom asof die ANC nog nie besef nie dat hulle volgens apartheidsbeginsels geleidelik tot wasdom gelei was en, soos die verlore seun, geëis het wat hulle op die pad van ontwikkeling sou bereik het as hulle net ‘n bietjie geduld aan die dag gelê het. Daar was al melding gemaak van die Transkei en Bophuthatswana wat hoogs in hulle skik was met selfregering, asook ander volke wat op pad was.

Reg en geregtigheid seëvier uiteindelik.

Raaksien Joos