Verdoemende akademiese verslag oor staatskaping

Vier universiteite het kragte saamgespan om vanuit ‘n ander hoek die staatskapings ondersoek, en die bevindinge is verdoemend.

Nadat die verslag oor staatskaping deur die vorige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, van die tafel gevee is deur die regering en Madonsela se opvolger, het verskeie instansies met hulle eie ondersoeke begin. Die SA Raad van Kerke het reeds vroeër sy voorlopige verslag bekend gemaak.

Die verslag genaamd “Betrayal of the promise: How South Africa is being stolen” is deur die universiteite van Kaapstad, Stellenbosch, Johannesburg en Wits saamgestel.

By die bekendstelling van die verslag het Wits se rektor, prof. Adam Habib, gesê die bevindinge in die verslag het sy hare laat regop staan.

Daar word in die verslag melding gemaak van ‘n sogenaamde skaduwee regering wat hulself aan pres. Jacob Zuma verbind het, wat ’n politieke agenda het om staatsinstellings oor te neem om ’n nuwe swart kapitalistiese klas te bewerkstellig.  Die Guptas is die makelaars wat die verskuiwing van staatshulpbronne na ’n swart kapitalistiese klas fasiliteer, en daar is baie geld wat in daardie proses verlore gaan.

Prof. Adam Habib