Venezuela: Vroue vra einde van Weermag aggressie

Duisende vroue het in Venezuela aan ’n optog deelgeneem na die hoofsentrum van die Weermag om te eis dat die gewelddadige optrede van soldate teen vreedsame vroue in optogte gestaak moet word.

Intussen het die opposisieparty se leiers gevra om in gesprek te tree met Weermag hoofde ten einde die gewelddadige optrede van die Weermag te beëindig wat gelei het tot die dood van sowat 35 optoggangers.

Die honderde vroue het almal T-hemde aangehad waarop geskryf is “In Venezuela is niks oor nie” toe hulle die Weermag sentrum genader het.

Die optog in Caracas, hoofstad van Venezuela, het die vroue geëis dat die Weermag soldate stop om hulle vuurwapens teen burgerlikes te gebruik wat aan optogte deelneem, en opposisiepartye het intussen ook gesprek gevoer met die Minister van Verdediging oor die brutale optrede van die weermag.

Venezuela is tans in ’n ekonomiese wurggreep wat noodsaaklike lewensmiddele onbekombaar maak en die burgery dwing om oor die grens na Columbië te stap vir inkopies, aangesien hulle verbied word om met ’n voertuig na die buurstaat te beweeg.