“Veg vir Stellenbosch” glo rassisties

Die Universiteit van Stellenbosch het met ‘n ondersoek begin en drie studente geïdentifiseer vir ondervraging nadat plakkate op kampus verskyn het wat bepaalde ooreenkomste bied met Duitse plakkate uit die Tweede Wêreldoorlog.

Plakkate soos “Die Anglo Afrikaner Student” en “Veg vir Stellenbosch” het ‘n klip in die hoenderhok veroorsaak by Stellenbosch.

‘n Organisasie genaamd die New Right het ‘n vergadering belê en kennis daarvan gegee op die plakkate.

Behalwe die beelde van ‘n jong man en jong dame, is daar geen ooreenkoms met Nazi’s nie. Tog wil die universiteit dit wel daarin lees en het dit onmiddellik as rassisme beskou wat ‘n ondersoek en heksejag regverdig.

Foto: Een van die plakkate wat kwansuis rassisties is