Is u dalk op soek na ‘n geen-moeite gebakte varktjop resep? Probeer gerus hierdie maklike varktjop in buinuiesop gebak.
Bestanddele:
6 groot varktjops of varkfilette
1 groot ui grof gekap
250 ml kokwater
125 ml tamatiesous
125 ml mayonaise
125 ml blatjang
1 pakkie bruin uiesoppoeier (nie kitssop nie)
Metode:
Braai die varktjops aan albei kante tot ligbruin.
Pak in ‘n kasserolskottel en gooi die gekapte uie oor die tjops.
Meng al die ander bestanddele tot gladde pasta en gooi hierdie sous oor die tjops.
Plaas deksel op en bak by 180ºC vir ten minste 1 uur of tot gaar en sag.
Genoeg vir 6 porsies. Bedien met rys en mengelslaai.
Nuutste kommentaar