Trump waarsku kanselier Merkel

Gedurende sy ontmoeting met leiers van die Europese Unie, het die Amerikaanse president, Donald Trump, ’n ernstige waarskuwing tot Duitsland gerig en selfs ’n dreigement geuiter.

Die president het EU leiers daarop gewys dat hy meen Duitsland is nie billik teenoor Amerika met sy handelsooreenkomste nie.

Hy het selfs gedreig dat Amerika kan besluit om die verkope van miljoene Duitse motorvoertuie te stop as die land nie ’n ander gesindheid openbaar nie.

Trump se uitlatings dat die Duitsers “very bad” is, het neerslag gevind in ’n Duitse weekblad, “Der Spiegel”.

Duitsland het ’n reuse handelsurplus met Amerika, wat deur president Trump toegeskryf word aan die Duitsers se voertuigverkope aan Amerika.

In reaksie op president Trump se uitlatings het die president van die Europese Unie, Donald Tusk, gesê die vrye handel beginsel is en bly ’n goeie en regverdige sake beginsel.

Gedurende 2016 het Duitsland goedere ter waarde van 253 miljard euro meer uitgevoer as wat hulle ingevoer het van Amerika, wat klaarblyklik president Trump se siening oor Duitsland verklaar.