Trump se eerste 100 dae

President Donald Trump verskil met die opnames wat gemaak is oor sy prestasies van die eerste 100 dae in die Amerikaanse Wit Huis.

Hy het die tydperk beskryf as “die suksesvolste uit die Amerikaanse geskiedenis” en enkele voorbeelde uitgewys sonder om te verwys na die mislukkings.

In die eerste 100 dae het sy regering “diepgaande veranderings” in Washington bewerkstellig, en hy verwys dan na die Amerikaanse ondernemings wat letterlik oornag fantastiese winste maak in ’n relatiewe kort tyd.

Hy voorsien ook voorspoed in die middel inkomste groep en sakelui met die drastiese vermindering in belastings met sy hervormingsbeleid.

Die voorspoed van sakeondernemings beteken ook dat meer werksgeleenthede geskep word tot voordeel van duisende mense.

Motorvervaardigers wat met groot uitbreidings besig is weens Trump se streng beleid om plaaslik te investeer, sal baie duisende werksgeleenthede skep.

Hy is die eerste president sedert die jaar 1881 wat daarin kon slaag om binne die eerste 100 dae van regering ’n regter vir die Hooggeregshof te benoem en aangestel te kry.

Trump is ook die eerste president wat deur die grootste Amerikaanse vuurwapen vereniging uitgenooi is om hulle jaarlikse byeenkoms by te woon as hoofspreker.

Daar is egter talle mislukkings wat nie genoem word nie. Die belofte dat ObamaCare met ’n beter skema vervang sou word, het geboemerang, verskeie dekrete, soos die verbod om toelating van Moslems, het in die hof gedraai en is verwerp.

Volgens meningsopnames is 51% van die deelnemers daaraan ontevrede met Trump se eerste 100 dae, maar politieke ontleders meen die aanslag is deur die Demokrate aangevoer om die Clinton terugslag teen te staan.