Trump kry groot applous in Saoedi

Die Amerikaanse president Donald Trump het ’n groot applous van Arabiese leiers en afgevaardigdes ontvang vir sy uitstekende toespraak voor ’n gehoor wat aan sy lippe gehang het.

President Trump het hom uitstekend van sy taak gekwyt en Arabiese leiers opgeroep om betrokke te raak in die stryd teen ekstremistiese terroriste bewegings.

Hy het gesê Moslemlande behoort self verantwoordelikheid te aanvaar vir hulle eie voorspoed sonder terroriste, en behoort gesamentlik op te tree teen die verskillende terroriste bewegings.

Politieke ontleders het erken dat president Trump in sy lang toespraak, hom onderskei deur elke woord wat hy versigtig gekies het en sonder ’n enkele nota voor hom, al die Moslem leiers besonder beïndruk het.

Doemprofete soos CNN het voorspel dat Trump in slagysters gaan trap, maar dit het nie gebeur nie en die $110 miljard wapentransaksie asook die $15 miljard transaksie van General Electric is finaal vasgebind deur die president se netjiese optrede.