Trump finaliseer Saoedi wapentransaksie

Die Verenigde State van Amerika het aangekondig dat ’n wapentransaksie ten bedrae van $110 miljard aangegaan is met Saoedi Arabië tydens die president se afgelope besoek aan die land.

Die besoek aan Saoedi Arabië is die eerste van ’n agt dae toer na verskillende lande wat hom verder na Israel, daarna na die Vatikaan sal neem.

Daarna sal president Trump na Europa beweeg waar hy verskillende Europese leiers in Brussel sal ontmoet vir samesprekings.

Benewens die reuse transaksie sal verdere transaksies ten bedrae van $350 miljard oor die volgende dekade afgehandel word.

Kenners wys daarop dat die transaksies nie net ’n versterking is vir Amerika deur bondgenote toe te rus nie, maar verseker ook miljoene nuwe werksgeleenthede vir Amerikaners.

President Trump se besoek aan Saoedi Arabië het ook aanleiding gegee tot ’n ooreenkoms met die Amerikaanse vervaardiger, General Electric, vir lewering van goedere ten bedrae van $15 miljard aan die olieryke koninkryk.

Die Eerste Dame, Melanie Trump, vergesel die president op die toer, en besondere reëlings is getref om haar te vergas met besienswaardighede.