Talle tronkvoëls ontsnap deur tonnel

In die Brasiliaanse stad Parnamirim, in die noordooste van die land, het 91 wetsoortreders ontsnap uit die tronk deur ’n tonnel wat hulle gegrawe het.

Die tonnel, wat minstens 30 meter lank is, het die mense in staat gestel om ongemerk uit die tronk weg te raak, en het bewaarders dit eers die volgende oggend agtergekom.

Nege van die ontsnaptes is dieselfde dag weer aangekeer, maar die res is steeds voortvlugtend en word deur die polisie gesoek.

Die tronk, wat hopeloos oorbevolk is, het tans 589 gevangenis terwyl die maksimum kapasiteit slegs 382 is.

Gevangenes ontsnap gereeld uit die oorvol tronke in Brasilië weens ’n tekort aan opgeleide personeel, en in Januarie het 56 uit ’n tronk in Alcaçuz ontsnap terwyl geweld uitgebreek het waarin 26 gevangenes gedood is.

In Brasilië se tronke is die grootste aantal gevangenes verbonde aan bendes en sindikate, wat van die tronke ’n kruitvat maak.

Die gevangenes is meestal verbonde aan dwelmsmokkelary sindikate, wat kokaïen vanaf Peru en Columbië ingevoer word vir verdere verspreiding deur die wêreld.

Brasilië het die vierde grootste tronkbevolking ter wêreld en in 2014 was daar 622 000 mense in tronke.