Stellenbosch student sterf na kaping

Die liggaam van Hannah Cornelius, ‘n Matiestudent, is gevind naby ‘n plaas tussen Kraaifontein en Stellenbosch. Cornelius en ‘n mede Matie vriend is Vrydag aand gekaap in Stellenbosch. Haar metgesel is uit die voertuig gedwing en word in die hospitaal behandel.

Twee mans in hul dertigerjare is gearresteer weens die besit van die gekaapte voertuig.