Staat verkoop eiendomme

In die Oos-Kaap gaan die regering glo woonhuise verkoop wat tans op ’n waarde van meer as R67 miljoen staan.

Die staatseiendom waarvan die grootste aantal woonhuise is, staan tans onder die bestuur van die Oos-Kaapse Ontwikkelings Korporasie wat die ontwikkelingsprojek gefinansier het.

Die projek het ten doel om die sukkelende ekonomie van die Oos-Kaap te stimuleer en te verbeter.

Meer as 200 eiendomme sal onder die hamer kom met die verwagting dat die fondse wat daaruit gegenereer word om ander staatseiendomme in die provinsie te verbeter wat “ook deel is van die ekonomiese ontwikkeling wat beplan is”.

Die eiendomme wat verkoop aangebied sal word, is hoofsaaklik in Butterworth, Mthatha en Queenstown geleë.

Klaarblyklik strek die verkoop tyd tot Maart 2019, wat aandui dat daar nie juis ’n groot aanvraag is nie, en weinig belangstelling getoon word vir die aankoop van wooneenhede in die gebied.

Waarnemers meen die projek beloof om net nog ’n mislukking te wees van die pogings om werklike ontwikkeling te bewerkstellig in die Oos-Kaap.