Spanning bou op in Amerikaanse politiek

Die spanning is besig om na breekpunt te neig in die Amerikaanse politiek met die talle beskuldigings wat om die land se president wentel.

In die jongste geval wat die spanning bevestig, is die aankondiging van die Republikein, Jason Chaffetz, wat verklaar het dat hy waarskynlik aan die einde van Junie gaan uittree as lid van die Amerikaanse Kongres.

Jason Chaffetz staan aan die hoof van die Oorsig Komitee wat nou ondersoek moet doen na president Trump se optrede teenoor die vorige FBI direkteur, James Comey.

Die president het na bewering Comey afgedank met ’n brief wat hy eers later ontvang het, en derhalwe op TV verneem het dat hy afgedank is terwyl die redes daarvoor onduidelik is.

Comey het daarna beweer dat president Trump hom versoek het om die ondersoek na adviseur Michael Flynn te staak, maar kon tot hede nie die nodige bewyse daarvoor voorlê nie.

Jason Chaffetz het in sy aankondiging slegs verwys na sy doel om meer tyd aan sy gesin te spandeer, en het geensins verwys na die ondersoek wat gedoen word nie.

Foto – Jason Chaffetz