Skool tablette in Indië en Pakistan opgespoor

Dit wil voorkom of iemand in die Gautengse onderwysdepartement ‘n uitstekende uitvoergeleentheid raakgesien het, maar dit is nie seker of die geld in die departement se koffers beland nie.

Tablette wat bedoel was om in skole uitgedeel te word aan leerlinge, is uit die land gesmokkel na Indië en Pakistan, terwyl talle tablette ook in ander provinsies gevind is.

Die departement het agtergekom dat talle tablette eenvoudig verdwyn, en het ‘n internasionale opsporingsagentskap gekry om vas te stel waar die tablette is.

Intussen het die LUR vir onderwys van Gauteng, Panyaza Lesufi, ‘n ander rede gegee waarom skoliere nie met tablette uitgereik is soos beplan is nie. Hy praat van “sosiale aspekte” en dat graad 11 leerlinge “nie gereed” is om tablette te ontvang nie. Skynbaar word leerlinge van hulle tablette beroof, en dat leerlinge die tablette gebruik vir speletjies of die aflaai van films, in plaas van gebruik vir skoolwerk.