Skole gesluit in Noordelike Johannesburg

Skole is gesluit in  dele van Johannesburg na betogers dele van die stad in ‘n oorlogsone verander het.

SAPD en Metro polisie word ingespan om wet en orde te probeer herstel.

Die stadsraad blameer misdadige elemente vir die wanorde in Eldorado Park, Kliptown, Orange Farm en Ennerdale, maar dit is inwoners wat paaie blokkeer en selfs winkel beroof.

Laat Woensdagmiddag het hernude skermutselings plaasgevind in die Itereleng informele woonbuurt naby Laudium en een sterfgeval is aangemeld, alhoewel nog nie amptelik bevestig deur die SAPD nie.

Foto: Onluste by Itereleng