Seun dagvaar miljoenêr pa vir meer geld

’n Pa wat dit goed bedoel het om sowat £1,6 miljoen vir sy seun te gee sodat hy nooit weer ’n geldtekort sal beleef nie, moes uitvind dat sy seun hom juis daaroor voor die hof in Brittanje gedaag het.

Die pa wat met ’n loterykaartjie £101 miljoen gewen het, is deur sy seun hof toe gesleep omdat hy binne een maand meer as £1miljoen spandeer het en ’n huis gekoop het vir die balans wat oor was.

Michael Dawes (32) het sy werk as senior IT hoof bedank omdat hy deur sy pa, Dave, belowe is dat hy nooit weer ’n geldtekort sal hê nie.

Die regter het die eis van Michael verwerp en aangevoer dat hy nie geld kan rondgooi soos hy wil en dink dit sal nie gedaan raak nie.

Dave het gestop om die seun verder van geld te voorsien toe hy merk hoe spandabelrig en roekeloos sy seun die geld verkwis.