Sestig babas gedood in Texas

’n Distriksprokureur van Texas het gesê die verdediger se optrede was ’n “wrede en sondige daad” wat gelei het tot die dood van twee babas sowat 30 jaar gelede in ’n hospitaal.

Die verpleegster word daarvan beskuldig dat sy waarskynlik verantwoordelik is vir die dood van sowat 60 babas terwyl sy in diens by verskeie hospitale was.

Sy kan nou by skuldigbevinding tot 99 jaar tronkstraf kry vir haar “sondige daad” wat oor jare gestrek het.

Genene Jones het in verskeie hospitale regoor die staat Texas gewerk gedurende die jare 1980 en daarna

Sy het onder meer ’n kind met ’n spier verslap middel ingespuit en ook anti-elliptiese middels wanaangewend.

In een geval het sy ’n kind van vier weke oud met ’n bloed verdunner ingespuit, maar die baba het die voorval oorleef.

’n Ondersoekbeampte het later gesê hulle sal seker maak dat die vrou haar laaste asemteug ook nog in die tronk uitblaas.