SA wil Wêreldbeker rugby in 2023 aanbied

SA Rugby het aangekondig dat hul ‘n bod gaan plaas om die 2023 Rugby Wêreldbeker toernooi aan te bied.

Daar is egter nog nie gemeld wie die geld gaan voorsien vir die aanbieding nie, of wat die totale koste van die bod gaan kos nie.

Die aankondiging volg op die bekendmaking van ‘n verslag oor transformasie in sport. Die ANC-bewind het verlede jaar ‘n verbod geplaas op die aanbieding van groot toernooie, omdat bepaalde sportsoorte, waaronder rugby, krieket en netbal, nie “genoeg getransformeer” het nie.

Skynbaar is die transformasie nou beter, en die regering het die verbod opgehef, wat beteken dat hulle ook geld daarvoor kan voorsien.

Die transformasie in rugby is dalk die rede waarom die sport ook rommelstatus bereik het met die swak vertoning van Suid-Afrikaanse spanne in die Superreeks.