Rusland probeer Trump manipuleer

Amerikaanse spioene het volgens koerantberigte gedurende verlede jaar inligting bekom waaruit dit blyk dat Russiese inligtingsagentskappe en senior politici besprekings gevoer het via sy eie adviseurs hoe Rusland die Amerikaanse president kan hanteer.

Aanvanklik is die Trump verkiesingspan se leier, Paul Manafort, geteiken wat gelei het tot sy afdanking, maar toe het die Russe aanknoping gevind by Michael Flynn, wat toe baie gou deur die president afgedank is as sy adviseur oor veiligheidsake.

Rusland het hulle hoop gevestig op die twee senior manne om inligting oor president Trump beskikbaar te stel, en daarna ook oor verskeie ander belangrike beleidsake inligting sou kon verstrek.

Met die inligting sou Rusland ’n hefboom kon vind om sanksies teen hom opgehef te kry, en daarmee ’n subtiele metode aanwend om president Trump ongemerk te manipuleer.

Intussen het ’n nuwe FBI-ondersoek begin na Jared Kushner, die skoonseun van president Trump wat sake belange het met Rusland, en die ondersoekers meen glo dat dit nodig is om ’n volledige verslag te kry oor sy betrokkenheid met senior Russiese sakelui en beamptes.

Foto – President Donald Trump