Republiekfees herdenk die naweek

Die Verkennersbeweging se pos op Groblersdal vier die naweek die herdenking van Republiekwording op 31 Mei 1961.

Die verrigtinge vind more, 27 Mei, plaas by die Gromar CVO-skool in Tautestraat, Groblersdal.

Die verrigtinge begin om 07:45 met ‘n  vlaghysing en opening, waarna die feesrede gelewer sal word deur die voorsitter van die Boere-Afrikanervolksraad, mnr. Andries Breytenbach.

Inligting sal gegee word oor die volksmoord navorsing, Projek 2010.

Daarna gaan daar na ‘n terrein beweeg word vir verskeie ander feestelikhede en saam kuier.

Vir verdere navra kan Flippie Nieman gekontak word by 082 717 7845.

Foto: Mnr. Andries Breytenbach