Reisgogga pak OB

Dit lyk asof adv. Busisiwe Mkhwebane, soos die land se politieke leiers, baie reis en daardeur die minimum van hulle verantwoordelike werk verrig.

Sedert haar aanstelling as Openbare Beskermer ses maande gelede, het sy wyd en syd die land deur gereis maar daar is net sewe ondersoek verslae ingedien.

Daar word nou al spottend gevra of almal nou skielik eerlik geword het dat sy geen verdere ongerymdhede kon opspoor nie, of het haar voorganger almal aan die kaak gestel?