Radebe vra om verskoning

Jeff Radebe, minister in die presidensie, het onvoorwaardelik om verskoning gevra vir sy uitruil van eksplisiete teks en e-pos boodskappe en gesê dit was in oomblik van swakheid.

Sy oomblik duur egter reeds ‘n paar jaar volgens die datums wat gemeld is.  Sy verskoning is deur Winnie Mandela en partygenote aanvaar en daar sal klaarblyklik niks verder van kom nie.