Premier May reageer op Merkel uitlatings

Enkele dae na kanselier Angela Merkel sterk uitlatings gemaak het oor die onderhandelings met Brittanje wat nie toegewings sal maak ten koste van EU lidlande nie, het die Britse premier gereageer.

Merkel se uitlatings het veroorsaak dat die Britse eerste minister met ’n verharde houding gereageer het wat tot beide se nadeel kan strek.

Premier Theresa May het in haar reaksie die Europese Unie se lede daarvan beskuldig dat hulle besig is om teen die Verenigde Koninkryk te draai noudat die land besluit het om uit die EU te tree.

“Ons het kanselier Merkel gesien, en ons het haar kommentaar gehoor”, het premier May gesê.

Sy het gesê daar kom tye wanneer die onderhandelings in moeilike fases is, en hulle opponente soek reeds maniere om die Britse onderhandelingspogings te verongeluk, en nou word 27 lande aangemoedig om dit vir Brittanje moeiliker te maak.

Sy sê die Arbeiders Party wil ook die posisie uitbuit met die oog op die vervroegde algemene verkiesing wat vir Julie geskeduleer is.

Premier May (foto) het bygevoeg dat die optrede net een ding beteken, en dit is ’n onsekerheid en onstabiliteit wat risiko’s vergroot in die groeiende ekonomie.