Polisiestasie en nuwe voertuie brand

‘n Polisiestasie in die Louis Trichardt omgewing  is deur betogers aan die brand gesteek. Twee betreklik nuwe polisievoertuie het ook in die slag gebly.

Die Vhulaudzi polisie stasie is Dinsdag nag deur meer as 700 inwoners omsingel en aan die brand gesteek.  Een van die betogers is deur die polisie geskiet en gewond.

Die betoging het skynbaar gegaan oor ‘n vermiste 25-jarige vrou, en die beskuldiging dat die polisie nie hulle deel doen om haar op te spoor nie.

Intussen is 16 Transnet werkers in die Richards Baai gearresteer na die naweek se chaos waarin polisie voertuie beskadig is .