Onluste in Natal

Sporadiese geweld het deur die nag uitgebreek in KwaMashu by Durban in Natal.

Majoor Thulani Zwane het erken dat ten spyte daarvan dat die polisie sy bes doen om die situasie te beheer, die situasie steeds erg gespanne bly.  In sekere gevalle is die polisie selfs aangeval. Dit is egter nie bekend of enige polisiebeamte beseer is en of enige polisie eiendom beskadig is nie.

Wel is verskeie winkels geplunder.

Skynbaar was buitelanders en hulle winkels die teiken van die betogers.