Omstrede Zuma vriend word ambassadeur

 

Nog een van ANC-president Jacob Zuma se lojaliste word met ‘n goeie pos beloon nadat hy al ‘n paar keer in omstredenheid gehul was.

, voormalige hoof van spesiale operasies en adjunkdirekteur van teeninligting in die binnelandse tak van die Staatsveiligheidsagentskap (SVA), is deur Zuma benoem is as ambassadeur in Tokio.  Dit vind plaas nadat hy onlangs tydelik by die SVA geskors is as gevolg van ongerymdhede met buitelandse reise.

Voordat Dhlomo by die SVA aangestel is, het hy uit die KwaZulu-Natalse departement van maatskaplike dienste bedank nadat hy ook daar in omstredenheid verval het. ‘n Oudit het naamlik bevind dat hy onbehoorlik ingemeng het met tenderprosedures en in die proses tenders van R45 miljoen toegeken het.

In sy termyn by die SVA was hy onder meer hoof van die eenheid vir spesiale operasies, en die een spesiale operasie wat hy skynbaar gehad het, was om Zuma te beskerm rondom sy betrokkenheid by die wapenskandaal.

Hy het skynbaar ook gereeld oorsee gereis, alhoewel hy op binnelandse aangeleenthede gewerk het. Hy het na bewering een keer per maand die buiteland besoek. Wat die koste daaraan verbonde was is nie seker nie.

Aangesien Japan een van die land grootste handelsvennote is, kry die ambassadeur daar ‘n groter salaris.

Foto: Thulani Dhlomo