Omstrede konstruksie magnaat vriend van Zuma

‘n Konstruksie magnaat en goeie vriend van Jacob Zuma het na bewering ‘n R81 miljoen voorskot ontvang op ‘n R1 miljard tender by die departement van water en sanitasie.

Philani Mavundla word daarvan verdink dat hy betrokke is by ‘n mynkontrak om ‘n suur dreineringsmyn naby Springs op te rig.

Die Trans Caledon Tonnel Owerheid (TCTA) het die kontrak toegestaan maar volgens ‘n senior personeellid by TCTA word geld by die organisasie verduister op groot skaal.

Mavundla se naam het in 2014 opgeduik toe hy aangebied het om Zuma se Nkandla skuld van R246 miljoen terug te betaal en hy was die vorige burgemeester van Greytown.  Dit wil voorkom of baie van sy handelinge in grys gebiede geskied saam met sy hoofman.

Foto: Philani Mavundla