Nuutverkose Franse president ingehuldig

Emmanuel Macron, die sosialis van Frankryk, is die afgelope naweek ingehuldig as die land se nuwe president.

Die 39-jarige Macron het teen die verwagtinge in, die presidentsverkiesing oortuigend gewen, en is nou die jongste president wat Frankryk nog ooit gehad het.

Macron se eerste taak was om ’n hoflikheidsbesoek te bring aan Duitsland waar hy samesprekings met kanselier Angela Merkel voer, ’n gebruik wat reeds baie dekades deur Frankryk nagekom word.

Die skare teenwoordig was sigbaar verlig om afskeid te neem van Francois Hollandè, wat allerweë as een van die swakste regeerders van Frankryk bestempel word.

Vir Emmanuel Macron wag daar ’n lang en moeilike begin om sy verkiesingsbeloftes deurgevoer te kry, want die ekonomiese toestand in Frankryk, en die 10% werkloosheid sal dringende aandag moet kry.

Intussen sal hy ’n groot poging moet aanwend om kiesers agter hom te kry vir die parlementêre verkiesing wat binnekort plaasvind.

Met Marine Le Pen wat waarskynlik die sterkste opposisieparty kan wees, gaan dit vir die president moeilik wees om die Franse kiesers tevrede te hou.

In sy eerste toespraak kort na sy inhuldiging, het president Macron gesê dat vertroue en hoop op die horison verskyn het na baie jare van neerslagtigheid.

Hy het bevestig dat dit sy doel is om die Europese Unie te hervorm, en ook verskeie hervormings te begin in Frankryk.

Macron sal na verwagting sy Eerste Minister aankondig binne die volgende twe tot drie dae, maar het gister sy tog aangepak om kanselier Merkel te ontmoet.