Nuusflitse – 16 Mei

Aanklaer gearresteer

‘n Johannesburgse aanklaer en sy vrou is deur die Valke in hegtenis geneem vir korrupsie nadat hy na bewering R6000.00 geëis het om twee dossiers te laat “verdwyn”. Hul sal vandag in die hof in Protea verskyn.

 

Kaping by OR Tambo

‘n Man is gedood in ‘n kaping naby die OR Tambo lughawe om 16.30 gistermiddag. Die Bestuurder van ‘n voertuig wat passiers lughawe toe vervoer het is gedood nadat die voertuig gestop is deur die kapers. Die ses passasiers is daarna gekaap en nadat hul van hul besittings beroof is is hul in Rhodesfield  Kempton Park afgelaai.  Geen van die passasiers is beseer nie.

 

Twee Nigeriërs aangerand

‘n Groep mans het twee Nigeriese burgers aangetree en aangerand naby Kuruman in die Noord Kaap. Volgens berigte is die twee aangetree weens dwelmhandel onder jeugdiges in die gebied en is dit nie ‘n Zenofobiese aanval nie.  Dit volg kort na die dood van twee Nigeriërs wat dood geskiet is in die Wes Kaap.

 

Ergste droogte in 30 jaar?

Die droogte in die Wes Kaap word beskou as die ergste in die afgelope 20 jaar, en voorspellings vir die toekoms lyk nie goed nie. Reënval gedurende Februarie tot April was minder in vergeleke met dieselfde tyd verlede jaar. Kaapse damme se vlakke is tans 21 % en water voorraad raak krities.