Ntlemeza se dogter skynbaar ‘n kwaai katjie

Pas afgedankte hoof van die Valke, Berning Ntlemeza, se dogter is skynbaar bereid om tot uiterstes te gaan om haar pa se gekrenkte eer te herstel nadat twee howe hom onbevoeg bevind het om die Valke te lei.

Anele Ntlemeza het skynbaar ‘n warm en selfs dreigende kortboodskap (sms) gestuur aan die onafhanklike ondersoeker, Paul O’Sullivan. Sy is skynbaar self ‘n polisiebeampte, wat haar baas, die ewe omstrede minister Fikile Mbalula, tydens ‘n telefoonoproep die kop gewas het.

Die oproep is gemaak net nadat Ntlemeza ‘n kostebevel teen hom gekry het nadat sy saak van die rol geskrap is omdat hy die minister wou verhoed om hom af te dank.

Anele  het tydens die oproep gesê sy wil die ondersoekbeampte in haar pa se saak, ene Ramahlaha, wil vermoor.   Ramahlaha het ‘n saak van intimidasie en sameswering tot moord geopen teen haar.

Foto: Berning Ntlemeza