Noord-Korea toets nog ’n missiel

Volgens ingeligte bronne in Suid-Korea, het die kommunistiese buurstaat, Noord-Korea, nog ’n missiel lanseer as deel van hulle toetsprogram om uiteindelik langafstand kern plofkoppe af te vuur.

Volgens ’n persagentskap in Suid-Korea was die lansering weer ’n sukses, maar volledige besonderhede is nog nie beskikbaar nie.

Die berig lui dat die ballistiese missiel gelanseer is vanaf ’n terrein naby die Pukchang-lughawe.

Die lansering het plaasgevind te midde van die Verenigde Nasies se resolusie wat ten strengste gekant is teen die verdere toetse van missiele.

Dit is die tweede missiel wat lanseer is binne die bestek van agt dae, en beide was geslaagde pogings terwyl die VSA “magteloos” en met frustrasie toekyk hoe die kommuniste ongehinderd voortgaan te midde van wêreldwye sanksies wat toegepas word.