Noord-Korea bevestig suksesvolle lansering

Noord-Korea het gister bevestig dat die jongste grond-tot-grond ballistiese missiel lansering suksesvol afgevuur is in die noorde van die land.

Die middelafstand ballistiese missiel het ’n reikafstand gehad van sowat 4000 kilometer, en kenners vermoed dit is ’n nuwe ontwerp wat die kommuniste nader bring aan ’n langafstand vuurpyl.

Pyongyang het intussen weer ’n waarskuwing gerig tot Amerika met die nuwe ontwerpte missiel met die middelafstand vermoë.

Volgens Suid-Korea se Yonhap persagentskap se TV uitsendings is die missiel ’n Hwasong-12 tipe en is in die noordweste van die land afgevuur wat onder toesig van die kommunistiese leier, Kim Jong-Un plaasgevind het.

Noord-Korea beweer die missiel het ’n hoogte van 2,111 kilometer bereik oor ’n afstand van 787 kilometer.

Deskundiges in Japan beweer dat die missiel beslis ’n nuwe ontwikkeling is wat kan lei tot die uiteindelike sukses van langafstand ballistiese missiele.

Die Koreaanse weermag beweer glo dat die missiel wat gelanseer is, oor die vermoë beskik om ballistiese kern-plofkoppe te dra.

Waarnemers meen die afgelope lansering dui op ’n nuwe fase in Noord-Korea se kernwapen program, te midde van die weerstand in die Westerse wêreld.

Dit kan egter nog ’n geruime tyd duur voordat ’n ker plofkop lanseer word, veral met die talle mislukkings wat eers uitgestryk moet word. kenners sê ’n ballistiese missiel moet goed saamgestel word in die vervaardigingsproses, want dit durf nie op eie bodem te land in tye van oorlog nie, want dit kan selfvernietigende gevolge inhou.