Nkosazana sukkel buite Natal

Jacob Zuma se keuse as sy opvolger, sy ex-vrou Nkosazana Dlamini-Zuma, se veldtog sukkel skynbaar om enigsins op dreef te kom buite Natal.

Dlamini-Zuma is ook ‘n Zoeloe, wat dus hoofsaaklik steun in Natal het.

Sy sou die naweek ‘n byeenkoms bygewoon het in Lebowakgomo in Noord-Transvaal, maar het op die nippertjie daaraan onttrek. Sy sou ANC Jeugliga lede toegespreek het in ‘n poging om haar steun daar ook te vestig, maar het onder verskoning van familieverpligtinge nie opgedaag nie. Sy het haar vertroueling en president van die ANC Vroueliga, Bathabile Dlamini, in haar plek gestuur.

Die belangstelling was egter maar gering, en daar het slegs enkele belangstellendes vir die vergadering opgedaag, nadat heelwat ANC-lede in die noorde aangedui het dat hulle niks met Dlamini-Zuma te doen wil hê nie en Cyril Ramaphosa ondersteun.